Proos

Die proos, William De Groote en aartsbiskop Berloco (Hemelvaart 2013)

'n Proos[1] (Latyn: praepositus; Eng.: dean; vroeër ook provost) is 'n amp in die Rooms-Katolieke Kerk, gewoonlik 'n voorsittende geestelike van 'n kapittel.

Die ampstitel word veral in Vlaandere gebruik en is ongewoon in Suid-Afrika. In Nederland word die amp ook moderator genoem. Die amp word aangetref by:

  • Geestelike leiers van 'n Roomse organisasie soos b.v. Roomse Padvinders.
  • Geestelike leiers van 'n geestelike instelling wat self nie 'n priester het nie soos 'n nonneklooster of 'n wêreldlike kapittel. Die instelling word dan 'n proosdy genoem.
  • Plaasvervangers van 'n geestelike leier, bv. van 'n ab wat nie in die klooster woon nie.
  • Soms ook gebruik vir aalmoesenier of kapelaan van 'n gevangenis of leëreenheid.

Die woord is verwant aan die meer bekende provoos, maar proos word uitsluitlik gebruik vir geestelike funksies.

Die WAT gee die volgende aanhaling: Op een lyn … stel ek die kanunnike, dekane, kapelaans, prooste en almal wat deur … priesterskappe onderhou word (A. Duvenhage, vert.: Calvyn, 1967, 414).

  1. Proos. Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Deel XII. p. 614. 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search